Maroela Media Afrikaanse Top-20: 14 Mei 2018

Tarryn Lamb (Foto: Facebook)

Juanita du Plessis vier vanjaar 20 jaar in die bedryf. Haar loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuutalbum, Juanita. Die liedjie “Ska-Rumba” was haar goue eier op dié album. Sy het onlangs ʼn nuwe enkelsnit, “Dankie vir jou liefde”, bekendgestel en dié liedjie is tans een van die 20 liedjies wat die meeste op iTunes afgelaai word.

Tarryn Lamb (ook hoofsanger van die groep Blackbyrd) neem dié week se no. 1-posisie in met haar liedjie “Mal oor jou”.

  1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  2. Elandré – “Die lyn”
  3. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  4. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
  5. Robbie Wessels & Bok van Blerk – “Die sluise van die hemel”
  6. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
  7. Appel – “Boer loop deur my are”
  8. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
  9. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
  10. Twee – “Om en om”
  11. Anders – “Bruid”
  12. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
  13. Kurt Darren – “Haal asem”
  14. Jay – “Lê ʼn bietjie langer”
  15. Jan Bloukaas en Mariné Moffat – “Desembers”
  16. Vernon Barnard – “Alles om my”
  17. DECA en Len Muller – “Oorwin ”
  18. DZL – “Het jy al gelewe”
  19. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
  20. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Afrikaanse Knaap ·

Simpel dat mens meeste van die musiek op Youtube of die iStore gaan soek en niks kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.