Maroela Media Afrikaanse Top 20: 17 Oktober 2016

­­­

Liza Brönner (Foto: Facebook)

Liza Brönner (Foto: Facebook)

Liza Brönner neem dié week die gesogte nommer 1-posisie in op die Maroela Media Afrikaanse Top 20.

Brian Cloete betree ook die week se Top 20 in nommer 20. Dié sanger is van Nababeeb in die Noord-Kaap en sy eerste groot optrede was op die RSG-verhoog by vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees. Hy tree ook tans saam met Die Wasgoedlyn op.

Die sangers Lyndi Lee en DJ City Bay is albei van Pretroria en hul nuwe enkelsnit is pas vrygestel op Groot FM. Lyndi Lee was onder meer verantwoordelik vir die skryf van die liedjie en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het die verwerking en komposisie gedoen.

  1. Liza Brönner – “Verlief op die idee van my”
  2. Charlize Berg – “As jy weet dis liefde”
  3. 1925 Band – “Eintlik nogal baie”
  4. Joshua na die Reën – “Die wêreld binne my”
  5. Lianie May & Jay – “Da’ vat hy”
  6. Wouter van de Venter – “As jy lag”
  7. Daniel Mitton – “Welkom by die huis”
  8. Brendan Peyper – “Langpadmens”
  9. Franja du Plessis – “Stad van verlange”
  10. Georic Lomas – “Bazaruto”
  11. Alda & Muller – “Alles vir my”
  12. Bok van Blerk & Laurika Rauch – “Ek het”
  13. Kurt Darren – “In jou atmosfeer”
  14. Richard van der Westhuizen – “Yster en vuur”
  15. Adam – “Hoogtevrees”
  16. Neil Somers – “Silwer kombers”
  17. Burgerd Botha – “As jy nog twyfel”
  18. Moses Metro Man – “Deurnag”
  19. Lyndi Lee – Ft DJ City Bay – “Vat die kans”
  20. Brian Cloete – “Soos blomme”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.