Maroela Media Afrikaanse Top 20: 18 April 2016

vaughan gardenir1In vandeesweek se Maroela Media Top 20 is daar sewe snitte wat styg, 10 snitte wat daal, een wat sy posisie behou, asook twee splinternuwe liedjies wat die week se Top 20 betree. Joe Foster se “Vir my gemaak” en Neil Somers se “Skipper” val ongelukig uit die week se Top 20.

Daniel Baron se eerste Afrikaanse liedjie, “Hart”, en Charlize Berg se “Braaf” betree dié week se Top 20.

Daniel Baron het aan die begin van die jaar sy eerste Afrikaanse enkelsnit, “Hart”, op iTunes vrygestel. Baron beskryf “Hart”, ’n baanbrekerskuif in sy loopbaan, as ’n liedjie wat handel oor “’n langafstandvriendskap en hoe ware liefde nooit kwyn nie, ongeag van hoe ver ’n mens is van die een vir wie jy lief is”.

Charlize Berg betree ook die week se Top 20 in nommer 18.

Bok van Blerk se “Modder en Bloed” val uit die gesogte nommer een-posisie nadat die liedjie twee weke die topgunsteling was. Dit is ook die titellied van die fliek met dieselfde naam wat vroeër vandeesmaand in teaters te sien was. Vaughan Gardiner se “Bou aan liefde” is vandeesweek nommer een.

  1. Vaughan Gardiner – “Bou aan liefde”
  2. Bok van Blerk – “Modder en Bloed”
  3. Len Muller en Joshua na die Reën – “Vir die een wat geval het”
  4. Belinda Bronner en vriende – “Gebed vir ons land”
  5. Joshua na die Reën – “Vir altyd”
  6. Cordelia – “Eerste woorde”
  7. Jak de Priester – “Sporelied”
  8. Jacqueline – “Dis hier en nou”
  9. Sharoney – “Wees my held”
  10. Karen Zoid en Mynie Grove – “Sweef soos ’n arend”
  11. Heidi – “Jonk en mooi”
  12. Refentse – “Sonvanger”
  13. Kurt Darren – “Ek wens vir jou”
  14. Brendan Peyper – “Die perfekte een vir my”
  15. Arno Carstens – “Ontwaak”
  16. Elvis Blue – “Al wat ek weet”
  17.  Nagligte – “Ongeloof(lik)”
  18. Charlize Berg – “Braaf”
  19. Deon Groot – “Bietjie Liedjie”
  20. Daniel Baron – “Hart”

Kyk die musiekvideo vir Vaughan Gardiner se liedjie “Bou aan liefde” hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ja ·

Wel ek sal daarvan hou as julle video’s opsit vir die hele top 20…
Anders heel goeie werk.

Pieter Cloete ·

Hi “Ja”, baie dankie vir jou kommentaar! Waardeer die terugvoer.

Ek dink dit is nogal ‘n goeie idee om meer musiekvideos te plaas, maar is nie altyd so prakties nie.

Wat ek sal doen is, om die weeklikse top 20 se musiekvideos (indien kunstenaars al hul musiekvideo van die betrokke liedjie uitgereik het) op ‘n YouTube speellys plaas en vir Maroela Media vra om dit as ‘n skakel by te voeg.

Weereens dankie vir jou positiewe terugvoer.

Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.