Maroela Media Afrikaanse Top-20: 24 Julie 2017

Die Lieflinge (Foto: Facebook)

Robbie Wessels se eerste album in bykans drie jaar, Woestyn, betree dié week se Top-20 op no. 20 met die gelyknamige titelsnit.

Kurt Darren en Pieter Koen maak ook gesamentlik hul toetrede tot die Top-20 en Elvis Blue se liedjie “Elke hart”, wat  verlede week uit die Top-20 geval het, betree weer dié week se Top-20 in die no. 18-posisie.

Ons Lieflinge (Rudi & Charné) bly vir die tweede week op no. 1.

  1. Ons lieflinge (Rudi & Charné) – “Miljoene stemme”
  2. Joe Foster – “Die ridder”
  3. Riaan Grobler – “Die boek”
  4. Joshua na die Reën – “Laat die wind my neem”
  5. Len Muller – “Sing vir sente”
  6. Dewald Wasserfall – “Altyd jonk bly”
  7. Refentse – “Vuil Vanderbijl”
  8. Ruan Josh ft Franja du Plessis – “Ek wil lewe”
  9. Elvis Blue – “Die brug”
  10. Deon Groot – “As ek net jou man kon wees”
  11. Stella – “Deur die liefde en die seer”
  12. Almarie du Preez – “Jy vir my”
  13. Liezel Pieters – “Droë riviere”
  14. Heuning – “Miskien”
  15. Wynand Strydom – “Katrina”
  16. Lizandra Winter – “Die begin”
  17. Pieter Koen – “Wonders van my wêreld”
  18. Elvis Blue – “Elke hart”
  19. Kurt Darren – “Jy’s ʼn legend”
  20. Robbie Wessels – “Woestyn”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.