Maroela Media Afrikaanse Top 20: 25 April 2016

Leah. Foto: Facebook via Leah SA

Leah. Foto: Facebook via Leah SA

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top 20 is daar 9 snitte wat styg, 9 snitte wat daal, een wat sy posisie behou asook een splinternuwe liedjie wat die week se Top 20 betree.

Brendan Peyper se “Die perfekte een vir my” val ongelukkig uit die week se Top 20.

Leah het ook onlangs haar nuwe musiekvideo vir die liedjie “Volmaan” uitgereik en is baie goed ontvang. Die liedjie betree die week se Top 20 op nommer 20.

Maandagaand 25 April is ʼn groot aand vir dié in die musiekbedryf, want dit is weer tyd vir die Ghoemas 2016. Die geleentheid vereer kunstenaars vir hul harde werk en suksesse van die vorige jaar. Die spoggeleentheid sal ook regstreeks deur kykNET gebeeldsaai word vanaf 20:00, Maandag 25 April. Groot FM saai ook regstreeks uit tussen 16:00 en 19:00 met #Slatdiepad met Ruben Delmage.

Vaughan Gardiner behou sy nommer 1-posisie vir die tweede week met “Bou aan liefde”.

  1. Vaughan Gardiner – “Bou aan liefde”
  2. Len Muller & Joshua na die reën – “Vir die een wat geval het”
  3. Bok van Blerk – “Modder en Bloed”
  4. Karen Zoid en Mynie Grove – “Sweef soos ʼn Arend”
  5. Joshua na die Reën – “Vir altyd”
  6. Belinda Bronner en Vriende – “Gebed vir ons land”
  7. Cordelia – “Eerste Woorde”
  8. Jak de Priester – “Sporelied”
  9. Refentse – “Sonvanger”
  10. Arno Carstens – “Ontwaak”
  11. Jacqueline – “Dis hier en nou”
  12. Sharoney – “Wees my held”
  13. Charlize Berg – “Braaf”
  14. Heidi – “Jonk en mooi”
  15. Kurt Darren – “Ek wens vir jou”
  16. Nagligte – “Ongelooflik”
  17.  Deon Groot – “Bietjie liedjie”
  18. Elvis Blue – “Al wat ek weet”
  19. Daniel Baron – “Hart”
  20. Leah – “Volmaan”

Kyk die musiekvideo vir Leah se liedjie “Volmaan”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.