Die Afrikaanse sangeres Liezel Pieters se jongste enkelsnit, “Sing jou hart uit”, is maar onlangs uitgereik en pronk reeds op treffersparades landwyd.
Dié liedjie betree die week se Top-20 op nommer 19. Die musiekgroep Anders se liedjie “Bruid”, wat ook die titel van hul jongste album is, neem die week die nommer 1-posisie in.
- Anders – “Bruid”
- Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
- Vernon Barnard – “Voel”
- Janie Bay en Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
- Jay – “So lank sal ek jou liefhê”
- Ray Dylan – “Uitbasuin”
- Steve Hofmeyr – “Ek is”
- Kurt Darren – “Haal asem”
- Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
- ADAM – “Sê my”
- Joshua na die Reën – “2017”
- Juanita du Plessis, Franja du Plessis & Ruan Josh – “Meer as ʼn melodie”
- Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
- Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
- Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
- Steve Hofmeyr – “Feeslied”
- Leah & Jo Black – “Nooit alleen”
- Elvis Blue – “Blou”
- Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
- Ray Dylan – “Vir ewig jonk”