Maroela Media Afrikaanse Top 20: 27 Junie

­­­

Franja du Plessis (Foto: Facebook via Franja du Plessis)

Franja du Plessis (Foto: Facebook via Franja du Plessis)

Franja du Plessis betree die week se Top 20 op no. 20 met “Stad van verlange”. Sy het ook die afgelope week haar splinternuwe album, My verhaal, uitgereik. Franja is die dogter van bekende sangeres Juanita du Plessis.

Refentse behou sy no. 1-posisie vir die derde week met “Sonvanger”, ʼn liedjie wat deur Valiant Swart geskryf is in 2002.

  1. Refentse – “Sonvanger”
  2. Touch of Class – “Ek steek my hand op”
  3. Charlize Berg – “Braaf”
  4. Liza Bronner – “Hamer”
  5. Elvis Blue – “Langs jou”
  6. Leah – “Volmaan”
  7. Deon Groot – “Bietjie liedjie”
  8. Arno Carstens – “Ontwaak”
  9. Irene-Louise van Wyk – “Vergeet van my”
  10. Ricus Nel, Adam Tas en Refentse – “Hardekole”
  11. Karen Zoid – “Waar was jy?”
  12. Len Muller en Joshua na die Reën – “Vir die een wat geval het”
  13. Nagligte – “Ongeloof(lik)”
  14. Vaughan Gardiner – “Bou aan liefde”
  15. Burgerd Botha – “As jy nog twyfel”
  16. Pierre Rossouw – “Ek wens”
  17.  Karen Zoid en Mynie Grovè – “Sweef soos ʼn arend”
  18. Bok van Blerk – “Modder en bloed”
  19. Joshua na die Reën – “Vir altyd”
  20. Franja du Plessis – “Stad van verlange”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa B ·

Arme Franja. Hoop jy sal tog eendag net as Franja du Plessis bekend staan en nie Franja du Plessis die dogter van die bekende sangeres Juanita du Plessis nie. Jy is mos nou mooi groot en kan op jou eie 2 bene staan.

Johnny kirsten ·

Kan nie glo dat n lied soos gebreekte glas ban chris else wat op grootfm se top20 nommer 1 is glad nie eers hier verskyn nie. Is dit hier n geval van net sekere musiekhuise se kunstenaars wat op hierdie top20 kan verskyn?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.