Maroela Media Afrikaanse Top-20: 3 September 2018

Bobby van Jaarsveld (Foto: Verskaf)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat klim, vyf wat daal en vyf wat onveranderd bly. Daar is ook drie nuwe liedjies wat dié week se Top-20 betree.

Tarryn Lamb kry nog steeds groot aftrek vir albumverkope en digitale aflaaie. “Vier woorde” bly vir die derde week in die no. 1-posisie. Nog ’n enkelsnit wat ongelooflik goed doen, is Neil Somers se jongste enkelsnit, “Bloedgrond”. Bobby van Jaarsveld, Jay, Steve Hofmeyr, Ruhan du Toit en Bok van Blerk het saamgewerk aan ’n nuwe enkelsnit, “Die land”. Dié liedjie doen ook goed ten opsigte van lugtyd op radio.

  1. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  2. Snotkop  – “Souserig”
  3. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  4. Jo Black – “Een klein klippie”
  5. Jan Blohm – “Word wakker”
  6. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  8. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  9. Joe Foster – “Volgende stap”
  10. Elandré – “Honderd duisend maal”
  11. Verskeie kunstenaars (Bobby van Jaarsveld, Jay, Steve Hofmeyr, Ruhan du Toit & Bok van Blerk” – “Die land”
  12. Appel – “Jagter”
  13. Fatman – “Dorp toe”
  14. Appel – “Boer loop deur my are”
  15. Angel de Lange – “Juwele”
  16. Karen Zoid & Jannie du Toit – “Liedjie vir jou”
  17. Neil Somers – “Bloedgrond”
  18. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
  19. Martin Bester – “Vir die liefde”
  20. Adam Tas & Stella – “Ek is ryk”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.