Maroela Media Afrikaanse Top 20: 4 April

bok van blerk1

Pi Bok van Blerk. Foto: Facebook via Bok van Blerk

In vandeesweek se Maroela Media Top 20 is daar 6 snitte wat styg, 12 snitte wat daal asook twee splinternuwe liedjies wat die week se Top 20 betree. Carla Oberholzer se “Wat maak ʼn boer”, asook Lemè se “GI Jane” val uit die week se Top 20.

Kunstenaars soos Nagligte, Refentse en Karen Zoid betree die week se Top 20.

Nagligte het laas week ’n nuwe enkelsnit aan radiostasies landwyd uitgereik en is baie goed ontvang.

Die sanger Refentse het in Februarie 2015 bekendheid verwerf op sosiale media toe Cecilia Kruger Marchionna hom hoor sing het met sy kitaar op straat. Sy het dadelik ʼn video op haar slimfoon geneem en op Facebook gelaai. Die inskrywing op haar Facebook-blad het soos ʼn veldbrand versprei en die inskrywing is meer as 15 000 keer gedeel. Almal ken die res van die storie. Refentse het op 1 April sy eerste album, My hart bly in my taal, op iTunes bekendgestel. “Sonvanger” is volgens iTunes die gewildste liedjie op sy nuwe album.

Karen Zoid en Mynie Grové het al weer die iTunes-lys van top 100 mees afgelaaide liedjies behaal met “Sweef soos ’n arend”.

Bok van Blerk se liedjie “Modder en Bloed” neem die week se nommer 1-posisie in. Die fliek met dieselfde titel het op 1 April landwyd in teaters begin draai.

  1. Bok van Blerk – “Modder en Bloed”
  2. Belinda Bronner en Vriende – “Gebed vir ons land”
  3. Jacqueline – “Dis hier en nou”
  4. Cordelia – “Eerste woorde”
  5. Joshua na die Reën – “Vir altyd”
  6. Jak de Priester – “Sporelied”
  7. Sharoney – “Wees my held”
  8. Heidi – “Jonk en mooi”
  9. Vaughan Gardiner – “Bou aan liefde”
  10. Kurt Darren – “Ek wens vir jou”
  11. Brendan Peyper – “Die perfekte een vir my”
  12. Neil Somers – “Skipper”
  13. Elvis Blue – “Al wat ek weet”
  14. Len Muller en Joshua na die reën – “Vir die een wat geval het”
  15. Joe Foster – “Vir my gemaak”
  16. Refentse – “Sonvanger”
  17. Andriette en Andre Venter – “Tot oneindig einde kry”
  18. Karen Zoid en Mynie Grové – “Sweef soos ʼn arend”
  19. Amore Vittone – “Te laat vir totsiens”
  20. Nagligte – “Ongeloof(lik)”

Kyk Bok van Blerk se musiekvideo vir die liedjie “Modder en Bloed”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.