Steve Hofmeyr se liedjie “Ek is” betree dié week se Top-20 as no. 17.
Die liedjie kom uit sy album Skree wat verlede jaar bekendgestel is.
Lizandra Winter, voorheen ʼn agtergrondsanger vir Joshua na die Reën op sy toere, het ook verlede jaar haar debuutalbum bekendgestel. Sy en Joshua na die Reën se duet, “Ek wil vir jou” (wat oorspronklik ʼn Christa Steyn-liedjie is) betree dié week se Top-20 in die 20ste posisie.
Jo Black neem dié week die eerste posisie in met sy liedjie “Die vrou wat ek liefhet”.
- Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
- Ray Dylan –“Uitbasuin”
- Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
- Jay – “So lank sal ek jou liefhê”
- Joshua na die Reën – “2017”
- Anders – “Bruid”
- Juanita du Plessis, Franja du Plessis & Ruan Josh – “Meer as ʼn melodie”
- Steve Hofmeyr – “Feeslied”
- Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
- Leah & Jo Black – “Nooit alleen”
- Elvis Blue – “Blou”
- Vernon Barnard – “Voel”
- Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
- Len Muller – Ons is een”
- Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
- Spoegwolf – “Geel”
- Steve Hofmeyr – “Ek is”
- Janie Bay en Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
- Emil Struwig – “Liefde wen altyd”
- Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”