Maroela Media Afrikaanse Top-20: 5 Maart 2018

Elandré Schwartz ( Foto: Günther Schubert @guntherschubert)

Elandré betree hierdie week se Top-20 met sy liedjie “Die lyn” wat op sy debuutalbum, Kleindorp-dromer, verskyn. Die album het alreeds goue status behaal.

Die musiekvideo van dié liedjie is onlangs bekendgestel en is tans onder die top-20 mees afgelaaide liedjies op iTunes.

Robbie Wessels en Bok van Blerk het verlede week hul duet, getiteld “Die sluise van die hemel”, bekend gestel. Die liedjie was in ʼn stadium die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie op iTunes.

Jo Black, wat verlede week sy plek op die nommer 1-posisie verloor het, neem hierdie week weer dié gesogte posisie in met die liedjie “Die vrou wat ek liefhet”.

  1. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  2. Janie Bay en Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
  3. Anders – “Bruid”
  4. Vernon Barnard – “Voel”
  5. Steve Hofmeyr – “Ek is”
  6. Kurt Darren – “Haal asem”
  7. Ray Dylan – “Uitbasuin”
  8. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
  9. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
  10. ADAM – “Sê my”
  11. Jay – “So lank sal ek jou liefhê”
  12. Joshua na die Reën – “2017”
  13. Lizandra Winter & Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
  14. Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
  15. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
  16. Robbie Wessels & Bok van Blerk – “Die sluise van die hemel”
  17. Leah & Jo Black – “Nooit alleen”
  18. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
  19. Elandré – “Die lyn”
  20. Juanita du Plessis, Franja du Plessis & Ruan Josh – “Meer as ʼn melodie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.