Maroela Media Afrikaanse Top-20: 6 Junie 2017

Elvis Blue (Skermskoot uit die video)

VITO (Vito Heyn), ʼn kletsrymer van Okiep in Namakwaland, maak vandeesweek sy toetrede op nommer 20. Sy nuutste musiekvideo is ook binnekort te sien te danke aan Bouwer Bosch en kykNET wat dit moontlik gemaak het. Sy produksie Amper Famous het by vanjaar se KKNK sy debuut gemaak, onder leiding van David Kramer.

Len Muller maak ook dié week sy toetrede op die Top-20 met ʼn splinternuwe enkelsnit, “Sing vir sente”. Dit is op sy langverwagte album wat binnekort op die rakke gaan wees.

Op die gesogte nommer een-posisie maak Liezel Pieters plek vir Elvis Blue met “Die Brug”, wat ook die titel van sy nuwe album is.

  1. Elvis Blue – “Die Brug”
  2. Liezel Pieters – “Droë riviere”
  3. Willem Botha – “Soen en vergeet”
  4. Refentse – “Vuil Vanderbijl”
  5. Bouwer Bosch – “Pleidooi”
  6. Stella – “Deur die liefde en die seer ”
  7. Jo Black – “Bring die hoop weer terug”
  8. Riaan Grobler & Rinel – “Ons is liefde”
  9. Vernon Barnard – “Daai liedjie”
  10. ADAM – “Dis al wat ek het”
  11. Anderst ft Hemelbesem – “Die tyd is nou”
  12. Rudi & Charné (Ons lieflinge) – “Miljoene stemme”
  13. Die Heuwels Fantasties – “Gebruik my”
  14. Appel – “Lei my na die water”
  15. Neil Somers – “Jy slaan my asem weg”
  16. Sharoney – “Skyn”
  17. Joe Foster – “Ridder”
  18. Lance James – “Lied van hoop”
  19. Len Muller – “Sing vir sente”
  20. VITO – “Outjie van die platteland”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.