Maroela Media Afrikaanse Top 20: 9 Oktober 2017

retief-burger

Retief Burger. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top 20 is daar sewe snitte wat die leer klim, agt wat terugsak, twee kunstenaars wat dié week se Top 20 betree en drie wat onveranderd bly.

Retief Burger het pas sy jongste enkelsnit, “Oor ʼn duisend jaar”, uitgereik. Hy betree dié week se Top 20 op no. 19.

Manie Jackson maak ook sy toetrede met “Nog net een keer” op no. 20. Dié liedjie is ingesluit in sy nuwe album, Psalms van my hande.

Die Voice SA-finalis Caroline Grace bly vir die tweede week in die no. 1-posisie met “Ek bid vir jou”.

  1. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
  2. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
  3. Tussen Sterre ft Bouwer Bosch – “Hemelrym”
  4. Appel – “Kom en lê my neer”
  5. Kurt Darren – “Jy’s ʼn legend”
  6. Liezel Pieters – “Gooi jou liefde op my neer”
  7. Elandré – “Afrikaans sal bly”
  8. Emil Struwig – “Liefde wen altyd”
  9. Karen Zoid – “Vir jou”
  10. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
  11. Elvis Blue – “Elke hart”
  12. Wynand Strydom – “Katrina”
  13. Ruan Josh ft Franja du Plessis – “Ek wil lewe”
  14. Saarkie – “Vir altyd”
  15. Die Heuwels Fantasties – “Bietjie hoop”
  16. Bok van Blerk & Appel – “Lemoene”
  17. Joe Foster – “Ridder”
  18. Monique Steyn – “Die boom”
  19. Retief Burger – “Oor ʼn duisend jaar”
  20. Manie Jackson – “Nog net een keer”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre Olivier ·

Tussen Sterre se liedjies getuig van hoe kwaliteit . Hulls kan Afrikaans in ander werelddele invat .

Greg Fibiger ·

Ek sal laaik om Riku Lätti se “As tyd kon tik” in hierdie lys sien … amazing song !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.