Maroela Media se Top-20: 21 Desember 2015

Carla-Oberholzer

Carla Oberholzer se liedjie “Jy los my alleen” is vandeesweek nommer een. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top-20 is daar nege snitte wat styg, agt wat daal, twee wat hul posisies behou en een nuweling.

Adam en Vaughan Gardiner sak uit en maak plek vir Suzanne, wie se jongste treffer, “Belofte”, in die 20ste plek toetree. Carla Oberholzer neem die eerste plek oor met “Jy los my alleen”; Cordelia sak terug na die tweede plek met “Breek die stilte”, maar haar nuwe treffer, “Eerste woorde” styg vyf plekke tot by die vyfde plek.

Elvis Blue sorg vir ‘n groot verrassing. Sy huidige treffer, “Môre kan maar kom”, het gelyk of dit besig was om uit te sak, maar dit styg sewe plekke, terwyl Anton Myburgh se “Biker Angel” sewe plekke daal.

  1. “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
  2. “Breek die stilte” – Cordelia
  3. “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
  4. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  5. “Eerste woorde” – Cordelia
  6. “Alle paaie lei na Rome” – Jannie en Corlea
  7. “Langpad” – DZL
  8. “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
  9. “Meer as niks” – Leah
  10. “Geboorteland” – Manne wat Glo
  11. “Môre kan maar kom” – Elvis Blue
  12. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  13. “Hoofletters” – Sorina
  14. “Pêrel vir ʼn kroon” – Andriëtte
  15. “Biker Angel” – Anton Myburgh
  16. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  17. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  18. “Mal in jou kop” – Cordelia
  19. “Alles net oor jou” – Amor Vittone
  20. “Belofte” – Suzanne

Kyk hier onder na die musiekvideo vir “Belofte”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.