Maroela Media se Top-20: 28 Desember 2015

Jannie-Moolman-en-Corlea-Botha

Jannie Moolman en Corlea Botha se liedjie “Alle paaie lei na Rome” is weer op vandeesweek se Top 20 Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top-20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisies behou en twee nuwelinge.

Carla Oberholzer behou haar eerste plek, maar Len Muller en Stef Bos se weergawe van “Sarie Marais” kruip al nader aan die eerste plek en styg twee plekke tot by die tweede plek. Amor Vittone en Anton Myburgh sak vandeesweek uit. Dit gebeur selde dat ʼn nuwe weergawe van ʼn bestaande liedjie die Top-20 haal, maar Wit Kasteel se weergawe van Laurika Rauch se treffer, “Die nostalgie”, tree in die 19de plek toe.

Die laaste nuweling vir 2015 is Kurt Darren se nuwe treffer, “Ek wens vir jou”, wat in die 18de plek sy verskyning maak. Leah daal ses plekke na die vyftiende plek met “Meer as niks”, terwyl Suzanne, asook Andriëtte en André Venter, elk vier plekke styg.

  1. “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
  2. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  3. “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
  4. “Breek die stilte” – Cordelia
  5. “Eerste woorde” – Cordelia
  6. “Langpad” – DZL
  7. “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
  8. “Môre kan maar kom” – Elvis Blue
  9. “Alle paaie lei na Rome” – Jannie en Corlea
  10. “Wat maak ʼn boer ?” – Carla Oberholzer
  11. “Hoofletters” – Sorina
  12. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  13. “Geboorteland” – Manne wat Glo
  14. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  15. “Meer as niks” – Leah
  16. “Belofte” – Suzanne
  17. “Pêrel vir ʼn kroon” – Andriëtte
  18. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  19. “Die nostalgie” – Wit Kasteel
  20. “Mal in jou kop” – Cordelia

Kyk hier onder die musiekvideo vir “Ek wens vir jou”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.