In vandeesweek se Top-20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisies behou en twee nuwelinge.
Carla Oberholzer behou haar eerste plek, maar Len Muller en Stef Bos se weergawe van “Sarie Marais” kruip al nader aan die eerste plek en styg twee plekke tot by die tweede plek. Amor Vittone en Anton Myburgh sak vandeesweek uit. Dit gebeur selde dat ʼn nuwe weergawe van ʼn bestaande liedjie die Top-20 haal, maar Wit Kasteel se weergawe van Laurika Rauch se treffer, “Die nostalgie”, tree in die 19de plek toe.
Die laaste nuweling vir 2015 is Kurt Darren se nuwe treffer, “Ek wens vir jou”, wat in die 18de plek sy verskyning maak. Leah daal ses plekke na die vyftiende plek met “Meer as niks”, terwyl Suzanne, asook Andriëtte en André Venter, elk vier plekke styg.
- “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
- “Breek die stilte” – Cordelia
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Langpad” – DZL
- “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
- “Môre kan maar kom” – Elvis Blue
- “Alle paaie lei na Rome” – Jannie en Corlea
- “Wat maak ʼn boer ?” – Carla Oberholzer
- “Hoofletters” – Sorina
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Geboorteland” – Manne wat Glo
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
- “Meer as niks” – Leah
- “Belofte” – Suzanne
- “Pêrel vir ʼn kroon” – Andriëtte
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Die nostalgie” – Wit Kasteel
- “Mal in jou kop” – Cordelia
Kyk hier onder die musiekvideo vir “Ek wens vir jou”.