Maroela Media se Top 20 albums vir 2015

Cordelia-musiekvideo-02

Cordelia se almbum Breek die Stilte is Maroela se album van die jaar. Foto: Verskaf.

Met meer as 12 maande se top 20 liedjies om van te kies, het Daantjie Dinamiet Maroela Media se top 20 beste albums van die jaar neergepen. Onder dié albums tel gereelde kunstenaars vanuit die top 20-liedjies vroeër in die jaar, onder andere Cordelia, Karlien van Jaarsveld, Nádine en Bobby van Jaarsveld.

  1. Breek die stilte – Cordelia
  2. My hartjie – Karlien van Jaarsveld
  3. Wonderwerk – Leah
  4. 5 dekades van Carike Keuzenkamp
  5. Skildery – Nádine
  6. Afrikaans is groot Vol. 7 – Verskeie Kunstenaars
  7. Nooit oud raak nie – Eden
  8. Maak ʼn wen – Bobby van Jaarsveld
  9. Toe staan die wêreld stil – Juanita du Plessis
  10. Só rock ons die wêreld reg – Nicholis Louw
  11. Êrens in die middel van nêrens – Elvis Blue
  12. Hartklank – Joe Foster
  13. Ja-nee lekker – Die Heuwels Fantasties
  14. Pêrel vir ʼn kroon – Andriëtte
  15. Die eggo van jou oë – Jannie du Toit
  16. Die regte tyd – Riana Nel
  17. Die man vir jou – André Venter
  18. Ek onthou – Anders
  19. Vlindervingers – Die Ventertjies
  20. 15 jaar spesiale uitgawe – Jennifer Zamudio

Kyk hier na die musiekvideo vir Cordelia se liedjie “Mal in jou kop” van die album Breek die stilte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marianne ·

AAN DIE MAROELA MEDIA SPAN – Baie dankie
Met ons deel julle hartseer nuus
Lekker kry stories
Saam smul resepte en
Interessanthede

Die span is al so deel van my dag. Ek dink julle huil saam en word saam kwaad maar bring daagliks iets na vore.

Ek dank God vir mense soos julle en wens elke een ‘n wonderlike 2016 toe

Barney ·

O aarde, ek stem darem nie saam nie – ook met die top 20. Is dit toeval dat jou beste vriendinne in die hele wêreld toevallig nommer 1 is?

Daantjie Badenhorst ·

Baeney, ek verseker jou dat die Top 20 objektief saamgestel is; Cordelia se album het regtig die meeste treffers opgelewer; daar is ‘n paar liedjies op hierdie album wat op ander radiostasies treffers was, maar nie die Top 20 gehaal het nie. Die mededinging tussen haar, Leah en Karlien van Jaarsveld was uiters straf, en dit kon net so wel andersom gewees het.

Trots Afrikaans ·

Definitief nie die regte Top 20 nie. Waar is Man vir Jou – André Venter?
My Godin – Jaycee Crause?
Goue Seun – Lieflinge?

EN….
Dis veronderstel om die Top 20 Songs te wees, maar daar is dan vol albums ook op? Jy mag dalk baie kennis van SA musiek hê, maar jou keuses is nie almal korrek nie.

DeonP ·

Cordelia se Mal in jou Kop was ons nommer 1 op LuisterFM 90.5 se Top 30 vir 2015

bertus ·

Wil jy my se geen lied van steve het dit gemaak nie of album

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.