Maroela Media se Top 20 liedjies van 2016

Refentse (Foto: Refentse, Facebook)

Refentse (Foto: Refentse, Facebook)

Lianie May & Jay se liedjie, “Da’vat hy” het vanjaar uitgestaan. Die musiekvideo is tot dusver meer as 400 000 keer op YouTube gekyk en het ook op verskeie radiostasies se Top 20-trefferparades verskyn.

Dit was ook ʼn baie goeie jaar vir kunstenaars wat pas die musiekbedryf betree het. Een daarvan is Refentse: hy is verseker kunstenaar van die jaar. Die ander nuwe kunstenaar wat uitgestaan het, was Georic Lomas.

Karen Zoid se “Waar was jy”, ʼn lied wat geskryf is ter viering van Huisgenoot se 100ste bestaansjaar, was nóg ʼn hoogtepunt vanjaar.

Daar was ook verskeie Engelse kunstenaars wat vanjaar met groot sukses die Afrikaanse mark betree het, waaronder Arno Carstens wat sy eerste Afrikaanse album vrygestel het. Sy lied, “Ontwaak” is ʼn hoogtepunt op die album en was ook op verskeie top 20’s gewees.

Hier is vanjaar se Top 20 liedjies op die Maroela Media Afrikaanse Top 20.

1. Lianie May & Jay – “Da’ vat hy”
2. Len Muller & Joshua na die Reën – “Vir die een wat geval het”
3. Georic Lomas – “Bazaruto”
4. Charlize Berg – “Braaf”
5. Refentse – “Sonvanger”
6. Nagligte – “Ongelooflik”
7. Karen Zoid – “Waar was jy?”
8. Len Muller – “Ek glo”
9. Joshua na die Reën – “Die wêreld binne my”
10. Elvis Blue – “Langs jou”
11. Franja du Plessis – “Stad van verlange”
12. Arno Carstens – “Ontwaak”
13. Bok van Blerk – “Modder en Bloed”
14. Kurt Darren – “Ek wens vir jou”
15. Liza Bronner – “Verlief op die idee van my”
16. Burgerd Botha – “As jy weet dis liefde”
17. Touch of Class – “Ek steek my hand op”
18. Vaughan Gardiner – “Bou aan liefde”
19. Jo Black – “Skepe”
20. Martin Bester – “Wat weet ek tog?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Morne Geyser ·

Ek stem saam dat Da Vat Hy ‘n gewilde liedjie vanjaar was, maar ek sou graag wou sien dat twee ander gewilde liedjies ook op hierdie Top 20 verskyn en dit is Kurt Darren se Kaalvoetsokkie en wat van Ricus, Bok, Adam en Refentse se Hardekole? Beide hierdie liedjies was op talle radiostasies se treffersparades maar is nie onder julle Top 20 nie? Ek sou ook graag die 1925 Band se Eintlik nogal baie ook hier wou sien. Sonder om op tone te trap en name te noem is daar ten minste drie liedjies op hierdie lys wat volgens my mening nie regtig sulke groot treffers was vanjaar nie. Ek hou regdeur die jaar talle radiostasies (kommersieël en gemeenskap) se trefferlyste dop asook Maroela Media sin, maar ek is effens teleurgesteld in hierdie Top 20 van die jaar. Daar was ander liedjies wat ‘n groter impak op die Afrikaanse musiekbedryf gemaak het vanjaar.

Grieta ·

Ek dink nee ek sien nou die Musial bedraggled is n mafia bedryf. Hang nie af vir wie jy stem …..die plate maatskappy wat die betrokke publikasie soos die een aan bird sorg dat sy kunatenaars eerste coworker kry en so Werk dit met die oppresses ook so dis alles net publikasie Nikus anders en julle soek nie regtig die beste julle soek net hul kunstenaars se name. MAFIA Muriel bedryf het beter verwag van maroela

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.