Maroela Media se Top 40-liedjies vir 2017

Ruan, Juanita en Franja (Foto: Facebook)

Die bebaarde sanger met die diep stem, Jo Black, het vanjaar skoonskip gemaak op talle trefferparades met sy liedjie “Skepe”, waarvan die musiekvideo al meer as tweemiljoen trefslae op YouTube gehad het.

Dit is egter sy liedjie “Bring die hoop weer terug” wat aangewys is as Maroela Media se nommer-een-liedjie vir 2017.

Die nuwelinge Elandré Schwartz en Tussen Sterre is onderskeidelik nommer 18 en nommer 21 op dié lys. Schwartz het onlangs goue status bereik met sy debuutalbum Kleindorp-dromer.

Juanita du Plessis se twee sanger-kinders, Ruan Josh en Franja du Plessis, is nommer 19 op die lys. Dié sangers se samewerkingsalbum, wat Kaalvoetkinders gedoop is, is vroeër vandeesmaand uitgereik. Die twee beklee ook die 32ste posisie op die lys saam met hulle ma met “Meer as ʼn melodie”.

Hier is vanjaar se Top 40-liedjies op die Maroela Media Afrikaanse Top 20:

  1. Jo Black –“Bring die hoop weer terug”
  2. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
  3. Appel – “Kom en lê my neer”
  4. Karen Zoid – “Vir jou”
  5. Franja du Plessis – “Ek kan nie ophou kyk”
  6. Jo Black – “Skepe”
  7. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
  8. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
  9. Karlien van Jaarsveld – “Sing vir liefde”
  10. Refentse – “Vuil Vanderbijl”
  11. Ons lieflinge – “Miljoene stemme”
  12. Appel – “Lei my na die water”
  13. Liza Brönner – “Verlief op die idee van my”
  14. Len Muller – “Ek glo”
  15. Die Heuwels Fantasties – “LED liefde”
  16. Kurt Darren – “Jy’s ’n legend”
  17. Liezel Pieters – “Droë riviere”
  18. Elandré – “Stilte voor die storm”
  19. Ruan Josh en Franja du Plessis – “Ek wil lewe”
  20. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
  21. Tussen Sterre en Bouwer Bosch – “Hemelrym”
  22. Joshua na die Reën – “2017”
  23. Blackbyrd – “Kalm voor die storm”
  24. Neil Somers – “Jy slaan my asem weg”
  25. Elvis Blue – “Blou”
  26. Len Muller – “Ons is een”
  27. Juanita du Plessis – “Loop op die water”
  28. Touch of Class – “Val op jou knieë”
  29. Spoegwolf – “Geel”
  30. Joe Foster – “Vrede maak”
  31. Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
  32. Juanita du Plessis, Franja du Plessis en Ruan Josh – “Meer as ’n melodie”
  33. Bouwer Bosch – “Verby”
  34. Jack Parow en Hunter – “Vingerafdruk”
  35. Dewald Wasserfall – “Laat die lig inkom”
  36. ADAM – “Dis al wat ek het”
  37. Stella – “Deur die liefde en die seer”
  38. Emil Struwig – “Liefde wen altyd”
  39. Monique Steyn – “Die boom”
  40. Martin Bester – “Sterre”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lionle ·

Franja!! Beeldskoon! Dié tyd van die jaar gaan die klomp almal weer in die “gospel” inklim vir ekstra geld vir Desember.

jeannine ·

so mooi die liedje ek wens al die suid Afrikaners baie hoop in 2018 groete uit belgie

Martin Nel ·

Jo Black is net iemand wat se musiek met jou praat of dit nou skepe of Bring die hoop is maak nie saak , jy kan enige een op die CD kies hulle is almal treffers soos almal se HOOP HOOP !!!

William matthews ·

An inspiring song sang by a man with a beautiful pure heart.

Johan ·

Sjoh. Ek dink Bobby se Net ‘n Man en Jay se Solank Sal Ek Jou Liefhê moes plek kry.

Johan ·

Hoop ons sien Stephan Visagie in 2018 op die lys. Hy is ‘n talentvolle sanger/kunstenaar en liedjie skrywer. Sy liedjies boer op meeste van die Radio stasies

Lassie ·

Ek dink Kaleidoskoop se liedjie Wegbreek moes beslis ook die lys gehaal het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.