Maroela Media Top 20: 02 Maart 2015

Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20: Daar is tien snitte wat styg, agt wat daal en twee nuwelinge.

Anais

Anaïs het die nommer 1 plek op Maroela Media se Top 20 hierdie week met haar liedjie, Bietjie meer as soen. Foto: Anaïs se Facebookblad.

Die nuwe nr. 1-treffer is Bietjie meer as soen van Anaïs, terwyl Knysna van Anders na die tweede plek toe terugsak. Meisie van my hart van Heinz Winckler en My alles van Bobby van Jaarsveld sak vandeesweek uit.

Bobby se suster, Karlien, tree toe met haar nuwe treffer, My hartjie, en die ander nuweling is Eden se nuwe treffer, Jy soen alles reg. Eden en Bobby van Jaarsveld se gesamentlike treffer, Butterflies, styg ses plekke terwyl Dans op die tafels van Kurt Darren agt plekke daal.

  1. Bietjie meer as soen – Anaïs
  2. Knysna – Anders
  3. Bring die storm – Nicholis Louw
  4. Veilig – Jack Parow en Janie Bay
  5. Bly nog net so bietje – Joe Foster
  6. Laat die wiele rol – Arno Jordaan
  7. Skildery – Nadine
  8. Meer as ‘n vriend – Riana Nel
  9. Smoorverlief – Adam
  10. Butterflies – Eden en Bobby van Jaarsveld
  11. Murg en been – Laurika Rauch
  12. Voshaarnooi – Joshua na die Reën
  13. Môre is dalk te laat – Ricky Faber
  14. Dans op die tafels – Kurt Darren
  15. Dirty dancing – Eden
  16. Jy soen alles reg – Eden
  17. Een vir een – Bobby van Jaarsveld
  18. So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
  19. Bring die liefde terug – Gerrie Pretorius
  20. My hartjie – Karlien van Jaarsveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.