Maroela Media Top 20: 04 Mei 2015

Die-Heuwels-Fantasties-01

Die Heuwels Fantasties is hierdie week se nuwe nr. 1 op Maroela Media se Top 20 met die liedjie, “Ballade vir ‘n enkeling”. Foto: Die Heuwels Fantasties se Facebookblad.

In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, agt wat daal en twee nuwelinge. Die Heuwels Fantasties se weergawe van “Ballade vir ‘n enkeling” neem die eerste plek oor, en Karlien van Jaarsveld daal na die tweede plek.

Eden en Bobby van Jaarsveld sak uit met “Butterflies”, en Riana Nel met “Meer as ‘n vriend”; dit beteken dat dit die eerste keer sedert die vrystelling van Riana se nuwe album is wat sy nie ‘n liedjie op die Top 20 het nie.

Snotkop en Anders se weergawe van “Al lê die berge nog so blou” tree toe in die 20ste plek, terwyl Francois van Coke en Karen Zoid se “Toe vind ek jou” ‘n nuweling in die 19de plek is. Verlede week se hoogste nuweling, “Met jou klere aan” van Leah, styg sewe plekke terwyl Arno Jordaan vier plekke daal met “Laat die wiele rol”.

  1. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  2. “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
  3. “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
  4. “Miljoene soene”- Nicholis Louw
  5. “Met jou klere aan”- Leah
  6. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  7. “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
  8. “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
  9. “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  10. “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
  11. “Tyd”- Nadine
  12. “Jy soen alles reg”- Eden
  13. “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
  14. “Reis na gister”- Jak de Priester
  15. “Laat die wiele rol”- Arno Jordaan
  16. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  17. “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
  18. “Wolraad Woltemade”- Hennie Jacobs
  19. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
  20. “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.