In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, agt wat daal en twee nuwelinge. Die Heuwels Fantasties se weergawe van “Ballade vir ‘n enkeling” neem die eerste plek oor, en Karlien van Jaarsveld daal na die tweede plek.
Eden en Bobby van Jaarsveld sak uit met “Butterflies”, en Riana Nel met “Meer as ‘n vriend”; dit beteken dat dit die eerste keer sedert die vrystelling van Riana se nuwe album is wat sy nie ‘n liedjie op die Top 20 het nie.
Snotkop en Anders se weergawe van “Al lê die berge nog so blou” tree toe in die 20ste plek, terwyl Francois van Coke en Karen Zoid se “Toe vind ek jou” ‘n nuweling in die 19de plek is. Verlede week se hoogste nuweling, “Met jou klere aan” van Leah, styg sewe plekke terwyl Arno Jordaan vier plekke daal met “Laat die wiele rol”.
- “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
- “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
- “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
- “Miljoene soene”- Nicholis Louw
- “Met jou klere aan”- Leah
- “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
- “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
- “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
- “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
- “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
- “Tyd”- Nadine
- “Jy soen alles reg”- Eden
- “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
- “Reis na gister”- Jak de Priester
- “Laat die wiele rol”- Arno Jordaan
- “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
- “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
- “Wolraad Woltemade”- Hennie Jacobs
- “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
- “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders