Maroela Media Top-20: 1 Februarie 2016

Andriëtte en André tydens die skiet vir die video van 'Tot oneindig einde kry'. Foto: Andriëtte Norman via Facebook

Andriëtte en André tydens die skiet vir die video van ‘Tot oneindig einde kry’. Foto: Andriëtte Norman via Facebook

In vandeesweek se Top-20 is daar agt snitte wat styg, agt wat daal, twee wat onveranderd bly en twee nuwelinge.

Cordelia behou haar eerste plek vir die derde week met “Eerste woorde”, maar Sorina skuif op na die tweede plek met “Hoofletters”. Twee snitte val uit, naamlik “Meer as niks” van Leah en “Wat weet ek tog” van Martin Bester.

Vandeesweek se nuwelinge tree in hoër posisies toe as enige ander liedjies tot dusver vanjaar. Jacqueline maak haar debuut in die 17de plek met “Dis hier en nou”, terwyl Jak de Priester se “Sporelied”, wat geskryf is ter viering van die 85ste bestaansjaar van die Voortrekkers, vanjaar se hoogste nuweling tot duver is, en sy toetrede in die 14de plek maak. Candy Benson daal ses plekke, terwyl Joshua Na Die Reën, Anton Goosen en Elvis Blue elk drie plekke styg.

  1. “Eerste woorde” – Cordelia
  2. “Hoofletters” – Sorina
  3. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  4. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  5. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  6. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  7. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  8. “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
  9. “Langpad” – DZL
  10. “Al wat ek weet” – Elvis Blue
  11. “Belofte” – Suzanne
  12. “Breek die stilte” – Cordelia
  13. “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
  14. “Sporelied” – Jak de Priester
  15. “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
  16. “Die nostalgie” – Wit Kasteel
  17. “Dis hier en nou” – Jacqueline
  18. “Laaste lied” – Corlea
  19. “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
  20. “Niks kan my keer nie” – Candy Benson

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.