In vandeesweek se Top-20 is daar agt snitte wat styg, agt wat daal, twee wat onveranderd bly en twee nuwelinge.
Cordelia behou haar eerste plek vir die derde week met “Eerste woorde”, maar Sorina skuif op na die tweede plek met “Hoofletters”. Twee snitte val uit, naamlik “Meer as niks” van Leah en “Wat weet ek tog” van Martin Bester.
Vandeesweek se nuwelinge tree in hoër posisies toe as enige ander liedjies tot dusver vanjaar. Jacqueline maak haar debuut in die 17de plek met “Dis hier en nou”, terwyl Jak de Priester se “Sporelied”, wat geskryf is ter viering van die 85ste bestaansjaar van die Voortrekkers, vanjaar se hoogste nuweling tot duver is, en sy toetrede in die 14de plek maak. Candy Benson daal ses plekke, terwyl Joshua Na Die Reën, Anton Goosen en Elvis Blue elk drie plekke styg.
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Hoofletters” – Sorina
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
- “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
- “Langpad” – DZL
- “Al wat ek weet” – Elvis Blue
- “Belofte” – Suzanne
- “Breek die stilte” – Cordelia
- “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
- “Sporelied” – Jak de Priester
- “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
- “Die nostalgie” – Wit Kasteel
- “Dis hier en nou” – Jacqueline
- “Laaste lied” – Corlea
- “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
- “Niks kan my keer nie” – Candy Benson
Baie geluk Jacqueline . Uiteindelik ‘n bietjie iets anders in afrikaans. Die jong mense sal veral hiervan hou. Sterkte!! Vinkel En Koljander bly my favourite http://youtu.be/0ly8FwOUask