In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, agt wat daal, een in dieselfde plek as verlede week en een nuweling.
Leah behou haar eerste plek, maar Francois van Coke en Karen Zoid skuif op na die tweede plek. Nadat hulle net twee weke lank op die Top 20 kon bly, sak 4 Werke uit met “Hand op my hart”. In hul plek maak Elvis Blue sy toetrede met sy nuwe Afrikaanse treffer, “Die hemel”. Gera Phielix styg ses plekke na die dertiende plek terwyl Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen vyf plekke daal.
- “Met jou klere aan”- Leah
- “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
- “Tyd”- Nadine
- “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
- “Reis na gister”- Jak de Priester
- “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
- “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
- “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
- “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
- “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
- “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
- “Ek sweer”- Twee
- “Reën”- Gera Phielix
- “Te goed om waar te wees”- PJ Cruz
- “Miljoene soene”- Nicholis Louw
- “As hy vir jou nog lief was”- Christiaan Baartman
- “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
- “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
- “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
- “Die hemel”- Elvis Blue