Maroela Media Top 20: 1 Junie 2015

Elvis-Blue-Die-hemel

Foto: ‘n Skermskoot uit die Elvis Blue se musiekvideo van die liedjie “Die hemel”.

In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, agt wat daal, een in dieselfde plek as verlede week en een nuweling.

Leah behou haar eerste plek, maar Francois van Coke en Karen Zoid skuif op na die tweede plek. Nadat hulle net twee weke lank op die Top 20 kon bly, sak 4 Werke uit met “Hand op my hart”. In hul plek maak Elvis Blue sy toetrede met sy nuwe Afrikaanse treffer, “Die hemel”. Gera Phielix styg ses plekke na die dertiende plek terwyl Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen vyf plekke daal.

  1. “Met jou klere aan”- Leah
  2. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
  3. “Tyd”- Nadine
  4. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  5. “Reis na gister”- Jak de Priester
  6. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  7. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  8. “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  9. “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
  10. “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
  11. “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
  12. “Ek sweer”- Twee
  13. “Reën”- Gera Phielix
  14. “Te goed om waar te wees”- PJ Cruz
  15. “Miljoene soene”- Nicholis Louw
  16. “As hy vir jou nog lief was”- Christiaan Baartman
  17. “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
  18. “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
  19. “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
  20. “Die hemel”- Elvis Blue

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.