Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Daar is ‘n nuwe nr. 1-treffer; Kaleidoskoop (op die foto) neem die eerste plek oor met Roadtrip, en Laurika Rauch daal na die tweede plek met As ek eendag oud is. Snotkop is steeds in die derde plek. Daar is drie nuwelinge, en die oudste twee snitte van verlede week, Plain Jane van Ampie du Preez en Toe ons jonk was van Elvis Blue, sak onder meer uit, saam met In my oë van Glanz. Die eerste nuweling is die titelsnit van die sangpaar Hercules en Jasmyn se album, Brief oor die see. Suzzi Swanepoel, wat onlans in die televisiereeks Sterlopers te sien was, tree toe met Ek probeer, terwyl Gebore om te lewe, die eerste treffersnit vanaf Dewald Wasserfall se nuwe album, ook sy eerste verskyning maak. Riana Nel het steeds twee treffers op die Top 20; Tweede kans word nou die snit wat die langste op die Top 20 is, terwyl haar nuwe treffer, Weier, opskuif na die tiende plek.
- Roadtrip- Kaleidoskoop
- As ek eendag oud is- Laurika Rauch
- Agter op my fiets- Snotkop
- Draadloos-dae- Adam Tas
- Deur U krag- Manne wat Glo
- My hart bloei vir jou- Elizma Theron
- Sit jou hand op jou mond- Liza Brönner
- Iemand as jou hart breek- Willem Botha
- As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis
- Weier- Riana Nel
- Tweede kans- Riana Nel
- Koue voete warm liefde- Bok van Blerk
- Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
- As jy hier is- Arno Jordaan
- Posduif- Chris Chameleon en Daniëlla Deysel
- Sout- Elizma Theron en Nicholis Louw
- Roccobilly- Rocco de Villiers
- Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
- Ek probeer- Suzzi Swanepoel
- Brief uit die see- Hercules en Jasmyn