Maroela Media Top 20 1 September 2014

KaleidoskoopHier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Daar is ‘n nuwe nr. 1-treffer; Kaleidoskoop (op die foto) neem die eerste plek oor met Roadtrip, en Laurika Rauch daal na die tweede plek met As ek eendag oud is. Snotkop is steeds in die derde plek. Daar is drie nuwelinge, en die oudste twee snitte van verlede week, Plain Jane van Ampie du Preez en Toe ons jonk was van Elvis Blue, sak onder meer uit, saam met In my oë van Glanz. Die eerste nuweling is die titelsnit van die sangpaar Hercules en Jasmyn se album, Brief oor die see. Suzzi Swanepoel, wat onlans in die televisiereeks Sterlopers te sien was, tree toe met Ek probeer, terwyl Gebore om te lewe, die eerste treffersnit vanaf Dewald Wasserfall se nuwe album, ook sy eerste verskyning maak. Riana Nel het steeds twee treffers op die Top 20; Tweede kans word nou die snit wat die langste op die Top 20 is, terwyl haar nuwe treffer, Weier, opskuif na die tiende plek.

  1. Roadtrip- Kaleidoskoop
  2. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  3. Agter op my fiets- Snotkop
  4. Draadloos-dae- Adam Tas
  5. Deur U krag- Manne wat Glo
  6. My hart bloei vir jou- Elizma Theron
  7. Sit jou hand op jou mond- Liza Brönner
  8. Iemand as jou hart breek- Willem Botha
  9. As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis
  10. Weier- Riana Nel
  11. Tweede kans- Riana Nel
  12. Koue voete warm liefde- Bok van Blerk
  13. Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
  14. As jy hier is- Arno Jordaan
  15. Posduif- Chris Chameleon en Daniëlla Deysel
  16. Sout- Elizma Theron en Nicholis Louw
  17. Roccobilly- Rocco de Villiers
  18. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  19. Ek probeer- Suzzi Swanepoel
  20. Brief uit die see- Hercules en Jasmyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.