Hier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Steve Hofmeyr en Riana Nel is steeds in die eerste twee plekke, maar Rinel Day skuif op na die derde plek. Die liedjies wat die meeste plekke styg en daal, ruil plekke; Nadine styg sewe plekke na nr. 9 met Skildery, terwyl Kaleidoskoop van nr. 9 na nr. 16 daal met Roadtrip. Die goeie nuus vir Kaleidoskoop is egter dat dit hul 20ste week op die Top 20 is. Arno Jordaan het twee treffers onder die eerste tien; As jy hier is, sak terug na die agtste pklek, maar Richterskaal skuif op na die tiende plek. Len Muller en Romanz verlaat die Top 20 met Smag na jou en Wateral onderskeidelik. In hul plek tree Soutwater van Bok van Blerk en Dorings vir Ma van Manie Jackson in onderskeidelik die 20ste en 19de plek toe.
- Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
- Weier- Riana Nel
- Ligjare weg- Rinel Day
- Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
- My alles- Bobby van Jaarsveld
- Cowboys en crooks- Kurt Darren
- Noodlanding- Lianie May
- As jy hier is- Arno Jordaan
- Skildery- Nadine
- Richterskaal- Arno Jordaan
- My antwoord- Juanita du Plessis
- Jy is my rede- Burgerd en Zita
- Trane- Elizma Theron
- Dirty dancing- Eden
- As ek eendag oud is- Laurika Rauch
- Roadtrip- Kaleidoskoop
- Is duidelik- Emo Adams
- Dikkelicious- Snotkop
- Dorings vir Ma- Manie Jackson
- Soutwater- Bok van Blerk