Maroela Media Top 20 11 Augustus 2014

Laurika Rauch

Laurika Rauch

Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Laurika Rauch neem die nr. 1-posisie oor met As ek eendag oud is, en Juanita du Plessis sak terug na die tweede plek toe.

Daar is twee nuwelinge, en een van die oudste liedjies op verlede week se trefferslys, Wat die hart van vol is van Pieter Koen, sak uit, saam met Shut up en soen my van Kerry-Lee. Albei hierdie snitte het al voorheen die eerste plek gehaal.

Manne wat Glo storm die Top 20 in die 13de plek binne met Deur U krag, en Riana Nel word een van twee kunstenaars wat twee snitte op die Top 20 het;  Weier tree in die 20ste plek toe terwyl Tweede kans steeds in die vyfde plek is. Die ander kunstenaar met twee snitte is Rocco de Villiers; sy Jim Muller-keurspel daal sewe plekke na nr. 15, terwyl Roccobilly nr. 16 is. Bok van Blerk se Koue voete warm liefde styg die meeste plekke, naamlik vyf, en hy is vandeesweek in die sewende plek.

  1. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  2. As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis
  3. Roadtrip- Kaleidoskoop
  4. My hart bloei vir jou- Elizma Theron
  5. Tweede kans- Riana Nel
  6. Agter op my fiets- Snotkop
  7. Koue voete warm liefde- Bok van Blerk
  8. Draadloos-dae- Adam Tas
  9. In my oë- Glanz
  10. Posduif- Chris Chameleon en Daniëlla Deysel
  11. Sit jou hand op jou mond- Liza Brönner
  12. Die weduwee se kruik- Lukas de Beer
  13. Deur U krag- Manne wat Glo
  14. Geel rok- Anders
  15. Jim Muller-keurspel nr. 1- Rocco de Villiers
  16. Roccobilly- Rocco de Villiers
  17. Iemand as jou hart breek- Willem Botha
  18. Toe ons jonk was- Elvis Blue
  19. Plain Jane- Ampie du Preez
  20. Weier- Riana Nel

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Magda ·

Wie besluit nou eintlik wie is nr 1 en wie is nr 20 op maroela media? Ekt van hierdie liedjies nog nie eers gehoor nie :-)

Daantjie Dinamiet ·

Die Top 20 word op die volgende manier saamgestel: daar word gekyk na watter liedjies op verskillende radiostasies se speellyste en trefferlyste voorkom. Van verlede week af word daar ook ‘n lys van nuwe vrystellings op die nuus-blad van Grammofoon geplaas wat dalk die potensiaal het om die Top 20 te haal. Onder die radiostasies en televisieprogramme na wie se speellyste gekyk word, is Groot FM, Jacaranda, Overvaal Stereo, Oos-Rand Stereo, IFM Radio en Jukebox. Indien ‘n musiekvideo op Jukebox vertoon word en die liedjie het trefferpotensiaal, kan dit beslis oorweeg word. Die musiekvideo’s van die meeste snitte op die Top 20 kan op YouTube gesien word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.