Maroela Media Top 20: 11 Januarie 2016

Anton-Goosen

Anton Goosen. Foto: Youtube.com

Daar is vandeesweek nege snitte wat styg, agt wat daal, twee wat onveranderd bly en een nuweling. Een van Cordelia se drie treffers, “Mal in jou kop”, sak uit, maar “Breek die stilte” en “Eerste woorde” is onderskeidelik in die tiende en die derde plek.

Vandeesweek se nuweling is die temaliedjie van die rolprent ‘n Pawpaw vir my darling van Anton Goosen wat in die 20ste plek toetree. Die titelsnit van Sorina se nuwe album, Hoofletters, styg vyf plekke tot by die sesde plek, terwyl Elvis Blue sewe plekke daal.

  1. “Sarie Marais”- Len Muller en Stef Bos
  2. “Langpad”- DZL
  3. “Eerste woorde”- Cordelia
  4. “Jy los my alleen”- Carla Oberholzer
  5. “Bittersoet van liefde”- Andriëtte
  6. “Hoofletters”- Sorina
  7. “Wat maak ʼn boer?”- Carla Oberholzer
  8. “Wat weet ek tog?”- Martin Bester
  9. “Tot oneindig einde kry”- Andriëtte en André Venter
  10. “Breek die stilte”- Cordelia
  11. “Ek wens vir jou”- Kurt Darren
  12. “Middernag-serenade”- Bobby van Jaarsveld
  13. “Belofte”- Suzanne
  14. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  15. “Môre kan maar kom”- Elvis Blue
  16. “Niks kan my keer nie”- Candy Benson
  17. “Meer as niks”- Leah
  18. “Geboorteland”- Manne wat Glo
  19. “Die nostalgie”- Wit Kasteel
  20. “ʼn Pawpaw vir my darling”- Anton Goosen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.