Maroela Media Top 20: 11 Mei 2015

Herman-Kleinhans-Afri-Visie

Herman Kleinhans is die wenner van die Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie. Foto: Kyknet.dstv.com

In hierdie week se Top 20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, vier in dieselfde plek as verlede week en een nuweling.

Die Heuwels Fantasties behou hul eerste plek met “Ballade vir ‘n enkeling”, maar Leah kom al nader aan die nr. 1-posisie; “Met jou klere aan” is vandeesweek in die derde plek. Hennie Jacobs sak uit met “Wolraad Woltemade” en in sy plek tree die wenliedjie van die afgelope Afri-Visie-liedjiekompetisie “Ek sweer”, geskryf deur Herman Kleinhans en gesing deur Twee, in die 19de plek toe. Juanita du Plessis styg vier plekke met “Lief vir jou” terwyl “Jy soen alles reg” van Eden agt plekke tot by die 20ste plek daal. Die oudste liedjie op die Top 20 is steeds “Laat die wiele rol” van Arno Jordaan, wat vandeesweek in die 18de plek is.

  1. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  2. “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
  3. “Met jou klere aan”- Leah
  4. “Miljoene soene”- Nicholis Louw
  5. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  6. “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
  7. “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  8. “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
  9. “Tyd”- Nadine
  10. “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
  11. “Reis na gister”- Jak de Priester
  12. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  13. “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
  14. “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
  15. “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
  16. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
  17. “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
  18. “Laat die wiele rol”- Arno Jordaan
  19. “Ek sweer”- Twee
  20. “Jy soen alles reg”- Eden

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.