In hierdie week se Top 20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, vier in dieselfde plek as verlede week en een nuweling.
Die Heuwels Fantasties behou hul eerste plek met “Ballade vir ‘n enkeling”, maar Leah kom al nader aan die nr. 1-posisie; “Met jou klere aan” is vandeesweek in die derde plek. Hennie Jacobs sak uit met “Wolraad Woltemade” en in sy plek tree die wenliedjie van die afgelope Afri-Visie-liedjiekompetisie “Ek sweer”, geskryf deur Herman Kleinhans en gesing deur Twee, in die 19de plek toe. Juanita du Plessis styg vier plekke met “Lief vir jou” terwyl “Jy soen alles reg” van Eden agt plekke tot by die 20ste plek daal. Die oudste liedjie op die Top 20 is steeds “Laat die wiele rol” van Arno Jordaan, wat vandeesweek in die 18de plek is.
- “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
- “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
- “Met jou klere aan”- Leah
- “Miljoene soene”- Nicholis Louw
- “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
- “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
- “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
- “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
- “Tyd”- Nadine
- “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
- “Reis na gister”- Jak de Priester
- “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
- “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
- “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
- “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
- “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
- “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
- “Laat die wiele rol”- Arno Jordaan
- “Ek sweer”- Twee
- “Jy soen alles reg”- Eden