Maroela Media Top 20: 12 Januarie 2015

Burgerd-en-Zita

Burgerd en Zita se jongste treffer Soet en suur is vandeesweek se enigste nuweling op Maroela Media se Top 20. Foto: Burgerd en Zita se Facebookblad.

Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Daar is tien snitte wat styg, vyf wat daal, vier in dieselfde plek as verlede week en een nuweling.

Eden is steeds in die nommer een posisie, terwyl Nadine haar tweede plek behou. Die getroude sangpaar Burgerd en Zita tree in die 19de plek toe met hul jongste treffer, Soet en suur, terwyl Vat nou hierdie mens van Fredi Nest uitsak. Heinz Winckler styg vier plekke met Meisie van my hart terwyl Kampala van Rooies ses plekke daal. Riana Nel is nou reeds 22 weke op die Top 20 met haar liedjie, Weier.

  1. Dirty dancing – Eden
  2. Skildery – Nadine
  3. Trane – Elizma Theron
  4. My alles – Bobby van Jaarsveld
  5. Murg en been – Laurika Rauch
  6. Bring die storm – Nicholis Louw
  7. Mooi – Elvis Blue
  8. Ligjare weg – Rinel Day
  9. Ek verlang na jou – Marius Strydom
  10. Meisie van my hart – Heinz Winckler
  11. Knysna – Anders
  12. Weier – Riana Nel
  13. Gebore om te lewe – Dewald Wasserfall
  14. Dans op die tafels – Kurt Darren
  15. Kampala – Rooies
  16. So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
  17. Welkom in my hart – Andriëtte
  18. Veilig – Jack Parow en Janie Bay
  19. Soet en suur – Burgerd en Zita
  20. Mal in jou kop – Cordelia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.