Maroela Media Top 20: 12 Oktober 2015

Biker-angel-Anton-Myburgh

Anton Myburg se nuwe enkelsnit “Biker Angel”. Foto: Verskaf.

In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, een wat sy posisie behou en twee nuwelinge. Andriëtte behou die eerste plek terwyl André Venter na die tweede plek opskuif.

Juanita du Plessis en Pierre Rossouw val uit, en dit is die eerste keer sedert die vrystelling van Juanita se jongste album wat sy nie ‘n snit op die Top 20 het nie. Tiro tree in die 19de plek toe met “Gee my jou hart” en Anton Myburgh se “Biker Angel” is ‘n nuweling in die 17de plek. Jannie en Corlea styg agt plekke met “Alle paaie lei na Rome”, terwyl Die ventertjies, Jannie du Toit en Joe Foster elk vyf plekke daal.

  1. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  2. “Die man vir jou”- André Venter
  3. “Mal in jou kop”- Cordelia
  4. “Ek onthou”- Anders
  5. “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
  6. “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
  7. “Jou mond”- Ampie
  8. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  9. “Mona Lisa”- Joe Foster
  10. “Breek die stilte”- Cordelia
  11. “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
  12. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  13. “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
  14. “Hier kom die somer”- Jak de Priester
  15. “Ek sal jou moet laat gaan”- Ray Dylan
  16. “Meer as niks”- Leah
  17. “Biker angel”- Anton Myburgh
  18. “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
  19. “Gee my jou hart”- Tiro
  20. “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.