Maroela Media Top 20: 13 April 2015

Joshua-na-die-reen

Dit lyk of Joshua na die Reën se weergawe van die liedjie, Voshaarnooi, minstens net so gewild gaan wees soos die oorspronklike treffer. Foto: Joshua na die Reën se Facebookblad.

In vandeesweek se Top 20 is daar tien liedjies wat styg, sewe wat daal, een in dieselfde plek en twee nuwelinge. Met die uitreiking van die rolprent Ballade vir ‘n enkeling en die heruitsending van die televisiereeks op kykNet en Kie, was dit seker onvermydelik dat ‘n liedjie daaruit die eerste plek sou haal. Joshua Na Die Reën het dit reggekry met sy weergawe van Voshaarnooi.

Die twee treffers van Gerhard Steyn se nuwe album, Afrikaanse meisies, styg elk vier plekke, terwyl Anaïs, saam met wie hy sy vorige album opgeneem het, ses plekke daal. Nadine sak uit met Skildery, maar haar nuwe treffer, Tyd, is ‘n nuweling. Joe Foster kon ook (verskoon die woordspeling) nie nog net so bietjie bly nie; hy val uit en maak plek vir Klapsoen van Bouwer Bosch en Almarie du Preez, uit die rolprent Strikdas.

  1. Voshaarnooi – Joshua na die Reën
  2. Jy soen alles reg – Eden
  3. My hartjie – Karlien van Jaarsveld
  4. Laat die wiele rol – Arno Jordaan
  5. Een vir een – Bobby van Jaarsveld
  6. Mosterdsaad – Manne wat Glo
  7. Butterflies – Eden en Bobby van Jaarsveld
  8. Miljoene soene – Nicholis Louw
  9. Ballade vir ‘n enkeling – Die Heuwels Fantasties
  10. Meer as ‘n vriend – Riana Nel
  11. Afrikaanse meisies – Gerhard Steyn
  12. Sonder liefde – Gert Loubser
  13. Wolraad Woltemade – Hennie Jacobs
  14. Die een ding wat ek doen – Pieter Koen
  15. Sit vanaand op herhaal – Vaughan Gardiner
  16. Bosveldbloed – Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  17. Bietjie meer as soen – Anaïs
  18. Klapsoen – Bouwer Bosch en Almarie du Preez
  19. Tyd – Nadine
  20. Bring die storm – Nicholis Louw

Hier is die musiekvideo van Bouwer Bosch en Almarie du Preez se liedjie, Klapsoen:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.