Maroela Media Top 20 13 Oktober 2014

  1. Weier- Riana Nel
  2. Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr’
  3. Roadtrip- Kaleidoskoop
  4. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  5. As jy hier is- Arno Jordaan
  6. Sout- Elizma Theron en Nicholis Louw
  7. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  8. Deur U krag- Manne wat Glo
  9. Ligjare weg- Rinel Day
  10. Waterval- Romanz
  11. As ek eendag ophou droom- Juba
  12. Agter op my fiets- Snotkop
  13. My alles- Bobby van Jaarsveld
  14. Cowboys en crooks- Kurt Darren
  15. Noodlanding- Lianie May
  16. Smag na jou- Len Muller
  17. Ek glo- Jakkie Louw
  18. Richterskaal- Arno Jordaan
  19. Draadloos-dae- Adam Tas
  20. As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis

Lianie MayHier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Riana Nel bly vir die vierde agtereenvolgende week in die eerste plek,  maar Steve Hofmeyr kruip al nader aan die nr. 1-posisie. Daar is drie nuwelinge, en die snitte wat uitsak om plek te maak vir hulle, is Ek probeer van Suzzi Swanepoel,  Sit jou hand op jou mond van Liza Brönner en Brief oor die see van Hercules en Jasmyn.  Arno Jordaan het twee snitte op die Top 20; die titelsnit van sy nuwe album, As jy hier is, skuif op na die vyfde plek en Richterskaal tree toe in die 18de plek. Len Muller se eerste treffer, Smag na jou, is ‘n nuweling in die 16de plek terwyl Lianie May (op die foto) terug is met Noodlanding, wat sy verskyning in die 15de plek maak. Verlede week se nuweling, Cowboys en crooks van Kurt Darren, styg ses plekke tot by die 14de plek, terwyl Adam Tas ses plekke daal na die 19de plek. Juanita du Plessis is steeds die langste op die Top 20; sy daal wel na nr. 20, maar sy is reeds 22 weke op die trefferslys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.