In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, een wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek met “Breek die stilte”, maar dit is ‘n groot week vir Andriëtte. Haar duet met André Venter, “Tot oneindig einde kry”, is een van twee nuwelinge en begin in die 19de plek. Haar jongste solo-treffer, “Bittersoet van liefde”, styg agt plekke tot by die 11de plek, terwyl haar ander treffer, “Pêrel vir ‘n kroon”, effens terugsak.
Die ander nuweling is “Middernagserenade” van Bobby van Jaarsveld, wat in die 20ste plek afskop. Die twee snitte wat uitsak, is “Ek onthou van Anders” en “Duidelik soos daglig” van Anaïs. Adam en Vaughan Gardiner daal sewe plekke en is vandeesweek in die 17de plek.
- “Breek die stilte” – Cordelia
- “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
- “Alle paaie lei na Rome” – Jannie en Corlea
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
- “Meer as niks” – Leah
- “Langpad” – DZL
- “Biker angel” – Anton Myburgh
- “Geboorteland” – Manne wat Glo
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
- “Pêrel vir ʼn kroon” – Andriëtte
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “Alles net oor jou” – Amor Vittone
- “Mal in jou kop” – Cordelia
- “Hoofletters” – Sorina
- “Wat nou??” – Adam en Vaughan Gardiner
- “Môre kan maar kom” – Elvis Blue
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
Kyk die video vir Andriëtte en André Venter se liedjie “Tot oneindig einde kry” hier onder.