Maroela Media Top 20: 14 Desember 2015

Andriëtte en André tydens die skiet vir die video van 'Tot oneindig einde kry'. Foto: Andriëtte Norman via Facebook

Andriëtte en André tydens die skiet vir die video van ‘Tot oneindig einde kry’. Foto: Andriëtte Norman via Facebook

In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, een wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek met “Breek die stilte”, maar dit is ‘n groot week vir Andriëtte. Haar duet met André Venter, “Tot oneindig einde kry”, is een van twee nuwelinge en begin in die 19de plek. Haar jongste solo-treffer, “Bittersoet van liefde”, styg agt plekke tot by die 11de plek, terwyl haar ander treffer, “Pêrel vir ‘n kroon”, effens terugsak.

Die ander nuweling is “Middernagserenade” van Bobby van Jaarsveld, wat in die 20ste plek afskop. Die twee snitte wat uitsak, is “Ek onthou van Anders” en “Duidelik soos daglig” van Anaïs. Adam en Vaughan Gardiner daal  sewe plekke en is vandeesweek in die 17de plek.

  1. “Breek die stilte” – Cordelia
  2. “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
  3. “Alle paaie lei na Rome” – Jannie en Corlea
  4. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  5. “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
  6. “Meer as niks” – Leah
  7. “Langpad” – DZL
  8. “Biker angel” – Anton Myburgh
  9. “Geboorteland” – Manne wat Glo
  10. “Eerste woorde” – Cordelia
  11. “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
  12. “Pêrel vir ʼn kroon” – Andriëtte
  13. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  14. “Alles net oor jou” – Amor Vittone
  15. “Mal in jou kop” – Cordelia
  16. “Hoofletters” – Sorina
  17. “Wat nou??” – Adam en Vaughan Gardiner
  18. “Môre kan maar kom” – Elvis Blue
  19. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  20. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld

Kyk die video vir Andriëtte en André Venter se liedjie “Tot oneindig einde kry” hier onder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.