Maroela Media Top-20: 14 Maart 2016

Brendan-Peyper-02

Brendan Peyper is tans op die 12de plek in Maroela Media se Top 20. Foto: Facebook.

Daar is vandeesweek tien snitte wat styg, vier wat daal, vier wat hul plekke behou en twee nuwelinge. Sorina en Anton Goosen val uit en vandeesweek se nuwelinge het iets gemeen, naamlik Vaughan Gardiner.

Hy het Amor Vittone se treffer, “Te laat vir tot siens”, wat in die 20ste plek toetree, geskryf, terwyl sy eie treffer, “Bou aan liefde”, in die 18de plek sy verskyning maak. Daar is ’n nuwe nr. 1-treffer; Kurt Darren stel ’n nuwe rekord op, naamlik vir die meeste plekke wat ’n nr. 1-treffer tot dusver geval het. Hy is in die vierde plek, en Jak de Priester neem die eerste plek oor met “Sporelied”, wat geskryf is ter herdenking van die 85ste bestaansjaar van die Voortrekkers. Bobby van Jaarsveld daal vyf plekke met “Middernagserenade”, terwyl “Modder en bloed” van Bok van Blerk drie plekke styg.

  1. “Sporelied” – Jak de Priester
  2. “Eerste woorde” – Cordelia
  3. “Dis hier en nou” – Jacqueline
  4. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  5. “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
  6. “Skipper” – Neil Somers
  7. “Al wat ek weet” – Elvis Blue
  8. “Modder en bloed” – Bok van Blerk
  9. “Wees my held” – Sharoney
  10. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  11. “Gebed vir ons land” – Belinda Brönner en Vriende
  12. “Die perfekte een vir my” – Brendan Peyper
  13. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  14. “GI Jane” – Lemé
  15. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  16. “Laaste lied” – Corlea
  17. “Jonk en mooi” – Heidi
  18. “Bou aan liefde” – Vaughan Gardiner
  19. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  20. “Te laat vir tot siens” – Amor Vittone

Luister Vaughan Gardiner se liedjie “Bou aan liefde”.

https://youtu.be/dbHBrLJwPfQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.