Maroela Media Top 20 15 Desember 2014

Nicholis LouwHier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Daar is ‘n paar interessante verwikkelinge in die sin dat daar meer liedjies is wat in dieselfde plek bly as wat daal. Daar is agt snitte wat styg, vyf wat daal en ses in dieselfde plek as verlede week. Daar is ook een nuweling, Kurt Darren se Cowboys en crooks sak uit en maak plek vir Nicholis Louw (op die foto)  se nuwe treffer, Bring die storm, wat in die 20ste plek toetree.  Drie kunstenaars styg elk vier plekke, naamlik Elvis Blue, Rooies (wat herstel nadat hy verlede week lelik geval het) en Emo Adams, wat dit vir die tweede agtereenvolgende week regkry. Die kunstenaar wat vandeesweek die meeste plekke daal, is Lianie May; Noodlanding val van nr. 10 na nr. 17. Rinel Day behou haar nr. 1-posisie vir die tweede agtereenvolgende week, maar Bobby van Jaarsveld is steeds in die tweede plek.

  1. Ligjare weg- Rinel Day
  2. My alles- Bobby van Jaarsveld
  3. Skildery- Nadine
  4. Dirty dancing- Eden
  5. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  6. Trane- Elizma Theron
  7. Is duidelik- Emo Adams
  8. Vat nou hierdie mens- Fredi Nest
  9. Weier- Riana Nel
  10. Richterskaal- Arno Jordaan
  11. Murg en been- Laurika Rauch
  12. Kampala- Rooies
  13. Mooi- Elvis Blue
  14. Dorings vir Ma- Manie Jackson
  15. Mal in jou kop- Cordelia
  16. Soutwater- Bok van Blerk
  17. Noodlanding- Lianie May
  18. Knysna- Anders
  19. Meisie van my hart- Heinz Winckler
  20. Bring die storm- Nicholis Louw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.