In vandeesweek se Top-20 is daar agt snitte wat styg, vyf wat daal, ses wat hul posisie behou en een nuweling. Die eerste vier plekke op die Top-20 is onveranderd, wat beteken dat Cordelia nou al vir die vyfde week in die nr. 1-posisie is met “Eerste woorde”. Candy Benson sak uit en maak plek vir Sharoney se jongste treffer, “Wees my held”, wat in die 17de plek toetree. Daar is vandeesweek geen snitte wat meer as vier plekke styg of daal nie.
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Hoofletters” – Sorina
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
- “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
- “Al wat ek weet” – Elvis Blue
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “Dis hier en nou” – Jacqueline
- “Sporelied” – Jak de Priester
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Breek die stilte” – Cordelia
- “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
- “Skipper” – Neil Somers
- “Langpad” – DZL
- “Laaste lied” – Corelia
- “Wees my held” – Sharoney
- “Belofte” – Suzanne
- “Hartlagsiel” – Burgerd Botha
- “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
Kyk die musiekvideo vir Sharoney se liedjie “Wees my held”.