Maroela Media Top-20: 15 Februarie 2016

Elvis-Blue

Elvis Blue. Foto: Durbanlive.com

In vandeesweek se Top-20 is daar agt snitte wat styg, vyf wat daal, ses wat hul posisie behou en een nuweling. Die eerste vier plekke op die Top-20 is onveranderd, wat beteken dat Cordelia nou al vir die vyfde week in die nr. 1-posisie is met “Eerste woorde”. Candy Benson sak uit en maak plek vir Sharoney se jongste treffer, “Wees my held”, wat in die 17de plek toetree. Daar is vandeesweek geen snitte wat meer as vier plekke styg of daal nie.

  1. “Eerste woorde” – Cordelia
  2. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  3. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  4. “Hoofletters” – Sorina
  5. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  6. “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
  7. “Al wat ek weet” – Elvis Blue
  8. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  9. “Dis hier en nou” – Jacqueline
  10. “Sporelied” – Jak de Priester
  11. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  12. “Breek die stilte” – Cordelia
  13. “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
  14. “Skipper” – Neil Somers
  15. “Langpad” – DZL
  16. “Laaste lied” – Corelia
  17. “Wees my held” – Sharoney
  18. “Belofte” – Suzanne
  19. “Hartlagsiel” – Burgerd Botha
  20. “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer

Kyk die musiekvideo vir Sharoney se liedjie “Wees my held”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.