Maroela Media Top 20: 15 Junie 2015

Brendan-Peyper

Brendan Peyper is die enigste nuweling op hierdie week se Maroela Media Top 20. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, twee in dieselfde plek en een nuweling. Die eerste twee plekke is weer onveranderd, maar Jak de Priester skuif op na die derde plek.

Brendan Peyper maak sy toetrede in die 19de plek met “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie”, en Nicholis Louw se “Miljoene soene” sak uit om plek te maak vir hom. Carike Keuzenkamp styg sewe plekke met “Ek sing my liedjies net vir jou” terwyl “Meer as woorde” van Irene-Louise van Wyk agt plekke daal.

  1. “Met jou klere aan”- Leah
  2. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
  3. “Reis na gister”- Jak de Priester
  4. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  5. “Tyd”- Nadine
  6. “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
  7. “Ek sweer”- Twee
  8. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  9. “Reën”- Gera Phielix
  10. “Die hemel”- Elvis Blue
  11. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  12. “As hy vir jou nog lief was”- Christiaan Baartman
  13. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
  14. “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
  15. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
  16. “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
  17. “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  18. “Te goed om waar te wees”- PJ Cruz
  19. “Stop wag bly nog ‘n bietjie”- Brendan Peyper
  20. “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.