Maroela Media Top 20 15 September 2014

RomanzHier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Kaleidoskoop is steeds in die eerste plek, maar Riana Nel styg nie minder nie as vier plekke na die derde plek met Weier, terwyl Tweede kans al verder terugsak. Daar is twee nuwelinge, en Bok van Blerk asook Chris Chameleon en Daniëlla Deysel sak uit om plek vir hulle te maak. Romanz (op die foto) het onlangs uitmekaargespat, maar hulle het pas ‘n versameling van hul grootste treffers uitgereik waarop vyf nuwe snitte ook ingesluit is. Die eerste van hiedie snitte wat ‘n radiotreffer geword het, Waterval, tree vandeesweek tot die Top 20 toe, saam met Rinel Day se nuwe treffer, Ligjare weg. Benewens Riana Nel styg Ek probeer van Suzzi Swanepoel, asook As ek eendag ophou droom van Juba (verlede week se nuweling) ook vier plekke, terwyl Willem Botha sewe plekke daal.

  1. Roadtrip- Kaleidoskoop
  2. Agter op my fiets- Snotkop
  3. Weier- Riana Nel
  4. Draadloos-dae- Adam Tas
  5. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  6. Deur U krag- Manne wat Glo
  7. Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
  8. Sit jou hand op jou mond- Liza Brönner
  9. As jy hier is- Arno Jordaan
  10. My hart bloei vir jou- Elizma Theron
  11. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  12. Sout- Elizma Theron en Nicholis Louw
  13. As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis
  14. Brief oor die see- Hercules en Jasmyn
  15. Ek probeer- Suzzi Swanepoel
  16. As ek eendag ophou droom- Juba
  17. Waterval- Romanz
  18. Iemand as jou hart breek- Willem Botha
  19. Tweede kans- Riana Nel
  20. Ligjare weg- Rinel Day

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.