Maroela Media Top 20: 16 November 2015

Martin-Bester

Martin Bester se liedjie “Wat weet ek tog?” is nr 16 op die Top 20. Foto: Facebook.

Vandeesweek is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vyf wat hul posisies behou en een nuweling. Jannie en Corlea behou hul eerste plek, maar hulle is onder groot druk van die titelsnit van Cordelia se nuwe album, Breek die stilte, wat na die tweede plek opskuif.

Die titel van Ray Dylan se treffer, “Ek sal jou moet laat gaan”, was vandeesweek effens profieties, want dit is inderdaad die snit wat die Top 20 verlaat. In sy plek tree Manne wat Glo in die 19de plek toe met hul nuwe treffer, “Geboorteland”. André Venter daal vier plekke met “Die man vir jou”, terwyl Adam en Vaughan Gardiner se treffer, “Wat nou?”, vier plekke styg.

  1. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  2. “Breek die stilte”- Cordelia
  3. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  4. “Meer as niks”- Leah
  5. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  6. “Mal in jou kop”- Cordelia
  7. “Wat nou?”- Adam en Vaughan Gardiner
  8. “Biker angel”- Anton Myburgh
  9. “Sarie Marais”- Len Muller en Stef Bos
  10. “Ek onthou”- Anders
  11. “Jy los my alleen”- Carla Oberholzer
  12. “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
  13. “Hart en siel”- Jennifer Zamudio en Rudi Claase
  14. “Langpad”- DZL
  15. “Duidelik soos daglig”- Anaïs
  16. “Wat weet ek tog?”- Martin Bester
  17. “Môre kan maar kom”- Elvis Blue
  18. “Die man vir jou”- André Venter
  19. “Geboorteland”- Manne wat Glo
  20. “Gee my jou hart”- Tiro

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.