Maroela Media Top 20 17 November 2014

RooiesHier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Daar is nege liedjies wat styg, sewe wat daal, twee wat op dieselfde plek as verlede week is en twee nuwelinge. Riana Nel het die eerste plek teruggeneem met Weier, en met Dewald Wasserfall wat opskuif na die tweede plek, val Steve Hofmeyr tot by nommer drie. Snotkop het net twee weke lank op die Top 20 gebly met Dikkelicious, en vandeesweek sak hy uit. Kaleidoskoop verlaat ook die Top 20 met Roadtrip. Die eerste nuweling is Fredi Nest se jongste treffer, Vat nou hierdie mens, wat in die 16de plek toetree. Rooies (op die foto) se trefferversameling is pas vrygestel, en een van die nuwe snitte daarop, Kampala, is ‘n nuweling in die 15de plek. Daar is ses kunstenaars wat elk drie plekke daal, maar Elizma Theron styg vyf plekke met Trane.

  1. Weier- Riana Nel
  2. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  3. Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
  4. My alles- Bobby van Jaarsveld
  5. Cowboys en crooks- Kurt Darren
  6. Ligjare weg- Rinel Day
  7. Skildery- Nadine
  8. Trane- Elizma Theron
  9. Richterskaal- Arno Jordaan’
  10. Noodlanding- Lianie May
  11. As jy hier is- Arno Jordaan
  12. Jy is my rede- Burgerd en Zita
  13. Dirty dancing- Eden
  14. My antwoord- Juanita du Plessis
  15. Kampala- Rooies
  16. Vat nou hierdie mens- Fredi Nest
  17. Soutwater- Bok van Blerk
  18. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  19. Dorings vir Ma- Manie Jackson
  20. Is duidelik- Emo Adams

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.