Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Laurika Rauch is steeds in die nr. 1-posisie, maar Elizma Theron skuif op na die tweede plek terwyl Kaleidoskoop steeds in die derde plek is.Daar is twee nuwelinge, albei deur kunstenaars wat lank laas treffers gehad het. Steve Hofmeyr se nuwe album, Toeka 3, word binnekort vrygestel, en die eerste treffersnit vanaf dié album, Sit die ligte aan, tree in die 20ste plek toe. Die ander nuweling is deur Arno Jordaan, wat sy verskyning in die 17de plek maak. Die twee snitte wat uitsak om plek vir hulle te maak, is Geel rok van Anders en Jim Muller-keurspel nr. 1 van Rocco de Villiers. Riana Nel styg ses plekke met haar nuwe treffer, Weier, terwyl haar voormalige nr. 1-treffer, Tweede kans, nog in die agtste plek is,. Glanz daal ses plekke met In my oë. Ampie du Preez is die langste op die Top 20; Plain Jane is steeds in die 19de plek, maar hy is al 22 weke op die Top 20.
- As ek eendag oud is- Laurika Rauch
- My hart bloei vir jou- Elizma Theron
- Roadtrip- Kaleidoskoop
- As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis
- Agter op my fiets- Snotkop
- Draadloos-dae- Adam Tas
- Koue voete warm liefde- Bok van Blerk
- Tweede kans- Riana Nel
- Posduif- Chris Chameleon en Daniëlla Deysel
- Sit jou hand op jou mond- Liza Brönner
- Deur U krag- Manne wat Glo
- Die weduwee se kruik- Lukas de Beer
- Iemand as jou hart breek- Willem Botha
- Weier- Riana Nel
- In my oë- Glanz
- Roccobilly- Rocco de Villers
- As jy hier is- Arno Jordaan
- Toe ons jonk was- Elvis Blue
- Plain Jane- Ampie du Preez
- Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr