Maroela Media Top 20: 18 Januarie 2016

Cordelia-02

Argieffoto.

Vandeesweek styg tien snitte, ses daal, twee behou hul posisies en twee nuwelinge verskyn nou ook op die Top 20. Cordelia se nuutste treffer, “Eerste woorde”, is die nuwe nr. 1-treffer, terwyl Len Muller en Stef Bos na die tweede plek terugsak. Die twee snitte wat uitval, is “Geboorteland” van Manne wat Glo en “Môre kan maar kom” van Elvis Blue. Sy nuwe treffer, “Al wat ek weet”, verskyn nou egter in die 18de plek. Die ander nuweling is Irene-Louise van Wyk en Elvis se Seun se treffer, “Jy speel ʼn game met my”, wat in die 20ste plek ingesluit word. Andriëtte daal sewe plekke na nr. 12 met “Bittersoet van liefde”, terwyl Wit Kasteel, Anton Goosen en Kurt Darren elk met vier plekke styg.

  1. “Eerste woorde” – Cordelia
  2. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  3. “Langpad” – DZL
  4. “Hoofletters” – Sorina
  5. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  6. “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
  7. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  8. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  9. “Middernag-serenade” – Bobby van Jaarsveld
  10. “Breek die stilte” – Cordelia
  11. “Belofte” – Suzanne
  12. “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
  13. “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
  14. “Niks kan my keer nie” – Candy Benson
  15. “Die nostalgie” – Wit Kasteel
  16. “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
  17. “Meer as niks” – Leah
  18. “Al wat ek weet” – Elvis Blue
  19. “Alle paaie lei na Rome” – Jannie en Corlea
  20. “Jy speel ʼn game met my” – Irene-Louise van Wyk en Elvis se Seun

Kyk die musiekvideo vir Cordelia se liedjie “Eerste woorde”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.