Vandeesweek styg tien snitte, ses daal, twee behou hul posisies en twee nuwelinge verskyn nou ook op die Top 20. Cordelia se nuutste treffer, “Eerste woorde”, is die nuwe nr. 1-treffer, terwyl Len Muller en Stef Bos na die tweede plek terugsak. Die twee snitte wat uitval, is “Geboorteland” van Manne wat Glo en “Môre kan maar kom” van Elvis Blue. Sy nuwe treffer, “Al wat ek weet”, verskyn nou egter in die 18de plek. Die ander nuweling is Irene-Louise van Wyk en Elvis se Seun se treffer, “Jy speel ʼn game met my”, wat in die 20ste plek ingesluit word. Andriëtte daal sewe plekke na nr. 12 met “Bittersoet van liefde”, terwyl Wit Kasteel, Anton Goosen en Kurt Darren elk met vier plekke styg.
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Langpad” – DZL
- “Hoofletters” – Sorina
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Middernag-serenade” – Bobby van Jaarsveld
- “Breek die stilte” – Cordelia
- “Belofte” – Suzanne
- “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
- “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
- “Niks kan my keer nie” – Candy Benson
- “Die nostalgie” – Wit Kasteel
- “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
- “Meer as niks” – Leah
- “Al wat ek weet” – Elvis Blue
- “Alle paaie lei na Rome” – Jannie en Corlea
- “Jy speel ʼn game met my” – Irene-Louise van Wyk en Elvis se Seun
Kyk die musiekvideo vir Cordelia se liedjie “Eerste woorde”.